BABABEDIENING

6 Maande – 3 jaar
08:15
Kerkhuis

KLEUTERKERK

3 jaar – 6 jaar
08:15
Kleuterkerk

PROMISELAND

Graad R – Graad 6
08:15
Kinderkapel

INSYNC

Graad 7 – Graad 12
Gesinsdiens
17:00 -19:00

STUDENTITEIT

Jong Volwassenes
Selgroep
18:00

GESINSGELOOF
Video’s, leesplanne, aflaaibare hulpmiddels en idees om jou geloof te versterk
BABABEDIENING

6 Maande – 3 jaar
08:15
Kerkhuis

KLEUTERKERK

3 jaar – 6 jaar
08:15
Kleuterkerk

PROMISELAND

Graad R – Graad 6
08:15
Kinderkapel

INSYNC

Graad 7 – Graad 12
Gesinsdiens
17:00 -19:00

STUDENTITEIT

Jong Volwassenes
Selgroep
18:00

GESINSGELOOF
Video’s, leesplanne, aflaaibare hulpmiddels en idees om jou geloof te versterk
Geloof wat by die huis leef

Gesinsgeloof

Ons glo dat geloof nie net by die kerk gebeur nie, maar ook by die huis. Gesinsgeloof is ’n ruimte waar ouers en gesinne toegerus word met praktiese hulpmiddels, inspirasie en riglyne om saam in geloof te groei.

Hier deel ons video’s, leesplanne, aflaaibare hulpmiddels en idees om geloof deel van julle alledaagse lewe te maak.

UP AND COMING JEUG EVENTS

Kom saam op jou Geloofsreis!

By Constantiakruin se jeugbediening glo ons dat elke jongmens op ’n geloofsreis is – ’n pad waar jy God ontdek in jou alledaagse lewe, saam met vriende wat dieselfde pad stap.

Deur kampe, byeenkomste, kursusse en spesiale geleenthede skep ons ruimtes waar jongmense kan leer, groei en hulle geloof saam beleef. Hierdie geleenthede help jongmense om God beter te leer ken en hulle plek in die wêreld te ontdek.

Kyk gerus hieronder na ons opkomende geleenthede, en bespreek maklik jou plek deur jou kaartjie in ons winkel te koop.

08 Mei om 17:30
Kos Kunsternasie

Die perfekte resep vir onvergeetlike gesinstyd, hope pret en natuurlik ‘n bord vol geur! Ons nooi alle Kleuterskool en Laerskool kinders saam met mammas en pappas om die aand saam met ons te kom geniet  – Alle bestandele en aandete is ingesluit. 

R400 per gesin
10 Mei van 17:00 - 18:00
Eksamen Toewydingsdiens

Wanneer die eksamentyd nader kom, is dit belangrik om ons jeug toe te vertrou aan die Here. Kom ervaar ’n aand van gebed en bemoediging waar ons saam stil word en ons kinders se studies in die Here se hande plaas.

Hy is ons hoop in onseker tye, ons beskermer in uitdagings, ons gids wanneer die pad onduidelik is, ons lig wat die weg wys, en ons krag om te volhard. Laat ons as geloofsgemeenskap saamstaan en ons jeug met God se seën die eksamentyd instuur.

GRATIS EN VERNIET

Jou geloofsreis is 'n unieke pad!

'n Pad waar jy God ontdek op al die plekke in jou lewe. Elke jongmens kan deelneem aan geloofsvorming wat hul help om die lewe te verstaan, die lewe te hanteer, maar ook so die lewe te geniet saam met God. Een so manier is ’n deurgang. ’n Deurgang is ’n tyd waar daar geskuif word in lewensfase. Hierdie skuif word beklemtoon in die jongmens se lewe as ’n plek waar God ook teenwoordig is sodat sy/hy ’n roetemerker het wat gesonde koers kan aanwys. Ons vier die volgende mylpale en maak die gesinne hiervan deel sodat ons saam kan leef, leer, groei en ontdek.
BINNE SKOOLTERMYNE KAN JY HIERDIE JEUG BEDIENING AREAS OP 'N SONDAG VERWAG

Bababediening

IN DIE KERKHUIS OM 08:15 - 09:15

Bababediening is ’n veilige en verwelkomende ruimte vir ons jongste kinders én die grootmense wat hulle liefhet. Babas van 6 maande tot 3 jaar woon dit saam met ’n ouer of versorger by.

Hier hoef jy nie bekommerd te wees oor ’n huil of ’n woelige peuter nie – dis presies waarvoor die ruimte daar is. In plaas van alleen in ’n moederskamer te sit, kan julle saam met ander gesinne geloof deel en leer hoe om God deel te maak van julle alledaagse roetine.

Ons gebruik eenvoudige, ouderdomsgepaste geloofsritmes wat pas by jou baba se ontwikkelingsfase. Babas word altyd deur ten minste een volwassene vergesel, want ons glo geloof begin by die huis.

Die erediens word ook regstreeks hier uitgesaai, sodat julle steeds deel kan wees van die groter gemeente-ervaring.

Kleurterkerk

IN DIE KLEUTERKERK OM 08:15 - 09:15

Hier verwelkom ons die maats wat nie meer doeke dra nie en wat vol energie wil wikkel, beweeg en ontdek. Kinders van 3 jaar tot Graad R kom hier tuis.

Ons fokus op hulle unieke ontwikkelingsfase en leer deur speel, voel, proe en ontdek. Alles wat God geskep het, word konkreet beleef sodat geloof tasbaar en verstaanbaar word vir klein hartjies.

In hierdie fase los ma en pa hulle vir ’n tydjie om saam met die groep te speel en leer in ’n veilige, liefdevolle omgewing. Elke week gaan daar ook ’n eenvoudige aktiwiteit huis toe, sodat geloofsvorming verder deel kan wees van julle gesin se alledaagse lewe.

Laerskoolbediening

IN DIE KINDERKAPEL OM 08:15 - 09:15

Hier verwelkom ons ons Graad R tot Graad 6 kinders om doelbewus te begin om geloofsgewoontes in te oefen.

“Wandel in die Woord” is ’n belangrike fokus in hierdie fase. Kinders leer om self in die Bybel te lees, raak vertroud met die Bybelverhale en ontwikkel ’n liefde vir God se Woord. Die Bybelverhale dien as riglyn, met praktiese toepassing wat hulle help om geloof in hul daaglikse lewe uit te leef.

Ons begin met ’n groot groep kerkervaring, gevolg deur ’n kleiner graad-spesifieke aktiwiteit waar die boodskap in diepte bespreek kan word.

Elke Sondag ontvang die kinders ’n huisgeloof-uitdeelstuk, sodat geloofsvorming ook tuis kan voortgaan en gesinne saam kan groei.

17:00 - 19:00 in die kerkgebou

InSync Bediening

HOËRSKOOL GESINS-EREDIENS

InSync Graad 7 tot Graad12 is ons Hoërskoolerediens. ’n Ruimte waar hoërskool-gesinne saam kan aanbid. Ouers is nie net toeskouers van hul tiener se geloof nie, maar ’n belangrike deel daarvan. Hier stap ons as twee generasies saam – luister saam, sing saam en leer saam.

Met kreatiewe boodskappe en toepaslike musiek skep ons geleenthede vir gesprek en verdieping by die huis, sodat geloof nie net ’n Sondag-ervaring bly nie, maar deel word van julle gesin se ritme.

GROEIGROEPE

Graad 7 is ’n belangrike oorgangsjaar – ’n brug tussen laerskool en hoërskool. Daarom word ons Graad 7’s reeds deel van die hoërskoolgroepe, sodat hulle die jaar met ondersteuning en ’n gevoel van behoort kan begin.

In hierdie fase fokus ons doelbewus op Christelike leierskap. Tieners leer hoe om gesonde en ongesonde invloede te herken, selfstandig keuses te maak en met integriteit op te tree – vaardighede wat hulle nodig gaan hê in die hoërskooljare.

Hulle sluit ook aan by ons “Wandel in die Woord”-leesprogram, wat hulle deur hul hele hoërskoolfase begelei. Só help ons hulle om ’n persoonlike verhouding met God te bou wat nie net op Sondae leef nie, maar deel word van hul alledaagse lewe.

In hierdie fase bly “Wandel in die Woord” sentraal. God se Woord is ons vertrekpunt wanneer ons die relevante temas en uitdagings in ons tieners se lewens aanspreek.

Ons begelei hulle om nie hul rigting by die wêreld te soek nie, maar by God – vir wysheid, insig en identiteit. Deur eerlike gesprekke, Bybelstudie en gebed leer hulle hoe om geloof prakties uit te leef in vriendskappe, skool en besluite.

Ons weet grootword is nie altyd maklik nie. Daarom doen ons dit saam – in ’n veilige, ondersteunende groep waar tieners kan behoort, vrae kan vra en geestelik kan groei.

In Graad 11 fokus ons doelbewus op die verdieping en verwoording van elke tiener se persoonlike geloof. Hierdie jaar skep ruimte vir eerlike gesprekke waar hulle hul eie verstaan van God en hul geloof kan verwoord en deurdink.

Ons begelei hulle om die kern van hul belydenis prakties uit te leef – deur vertroue in God se verlossing, getrouheid aan Sy Woord, betrokkenheid by die gemeente en ondersteuning van die kerkfamilie.

Belydenisaflegging is dan nie net ’n eenmalige gebeurtenis nie, maar ’n bevestiging van wat reeds deur die jaar gegroei en geleef is – ’n betekenisvolle mylpaal in hul geloofsreis.

Jong volwassenes selgroep

Studentiteit

’n Gemaklike groep jong mense wat saam die oorgang na “adulthood” aanpak. God reis heelpad saam met ons; hierdie groep ondersteun jou om geloofsgewoontes ook in hierdie fase van jou lewe te waardeer. Medegelowiges wat luister na jou stem en jou vrae.  ’n Gemeenskap van jong volwassenes wat die lewe saam met Jesus geniet! Almal is welkom vir ’n koppie koffie en ’n gemaklike bank.

Geloof - 'n leefwyse!

Van baba tot student stap ons saam met gesinne op ’n geloofsreis. In Bababediening word geloofsvorming tuis gevestig en ouers leer eenvoudige geloofsritmes. In Kleuterkerk (3 jaar – Graad R) beleef kinders geloof deur speel en ontdek, met hulpmiddels vir gesinne om die gesprek tuis voort te sit. In die Laerskoolbediening oefen kinders geloofsgewoontes en leer om self te “Wandel in die Woord”. Graad 7 dien as brugjaar na hoërskool, met fokus op Christelike leierskap en gesonde keuses. In Graad 8 – 10 bly die Woord sentraal, terwyl tieners leer om God se wysheid bo wêreldse invloede te kies. Graad 11 bring verdieping en belydenisaflegging as bevestiging van ’n geleefde geloof. Deurgaans word die gesin ingesluit in eredienste, leesprogramme, kampe en mylpale — sodat geloof nie net ’n program is nie, maar ’n leefwyse wat van kleintyd af gevorm en volgehou word.

Rachelle Seyfferdt

Bababediening 6mnde-3jaar

Devalyn Klopper

Kleuterkerk 4-5 jaar

Elizbé Louw

Kleuterkerk 4-5 jaar

Inéz Trollip

Kleuterkerk 4-5 jaar

Anneke Smalman

Promiseland Graad R

Bianca Schoeman

Promiseland Graad R

Litza Roodt

Promiseland Graad R

Christinelle Esterhuizen

Promiseland Graad 1

Minette Reinach

Promiseland Graad 1

Annemarie Mybrugh

Promiseland Graad 2

Karien Pretorius

Promiseland Graad 2

Clinton Myburgh

Promiseland Graad 3

Charlene van Zyl

Promiseland Graad 3

Chris Marie Elliot

Promiseland Graad 4

Riette Nel

Promiseland Graad 4

Monique en Sarel Brink

Promiseland Graad 5

Sonia Crafford

Promiseland Graad 5

Tommy Trollip

Promiseland Graad 6

Su-Ankia Jouberg

Promiseland Graad 6

Rozaan Niemand

InSync Graad 7

Neels Britz

InSync Graad 8

Callie Seyfferdt

InSync Graad 8

Tanja Bekker

InSync Graad 9

Johann van der Walt

InSync Graad 10

Riette Jooste

InSync Graad 10

Christo Niemand

InSync Graad 11

Ronelle Grobelaar

InSync Graad 11