Constantiakruin Gemeente het dit nog altyd prioriteit gemaak om jou inligting veilig te hou en slegs vir die gemeente se aktiwiteite te gebruik.

Met die POPIA wetgewing wat in werking getree het, is ons nou nog meer attent om jou inligting veilig te stoor, en seker te maak dat ons in lyn is met die wetgewing.

Persoonlike inligting is enige inligting wat ‘n maatskappy of persoon kan gebruik om jou persoonlik te kan identifiseer, byvoorbeeld jou Identiteitsnommer, epos adres, kontak besonderhede ensovoorts.

Graag wil ons jou ‘n keuse bied. Indien jy nie meer op Constantiakruin Gemeente se databasis wil wees, of kommunikasie op van die volgende maniere wil ontvang nie, stuur asb. ‘n epos na info@constantiakruin.co.za Die kerkkantoor sal met jou kontak maak en die nodige aanpassings aanbring.

Ons kommunikeer op die volgende maniere met ons lidmate:
• Telefonies – oproepe
• Eposse – Familienuus, Gemeentebriewe
• WhatsApp – Gemeentenuus en Eredienste
• WhatsApp-groepe bv. Kleuter, Promiseland
• Facebook
• Instagram – InSync
• Tuisblad bv. fotos van gemeentelde oplaai

Indien jy addisioneel tot die huidige kommunikasie, ook deur van bogenoemde platvorms gebruik wil maak, kontak asseblief die kerkkantoor op telefoon 011 475 1440 of whatsapp  067 407 1059 of per e-pos info@constantiakruin.co.za

Die volgende skakel kan ook gevolg word vir meer inligting https://www.gov.za/documents/protection-personal-information-act

Versoek om regstelling of skrapping van persoonlike inligting of vernietiging of skrapping van rekord van persoonlike inligting – vul asb. onderstaande vorm in en stuur epos na info@constantiakruin.co.za