Constantiakruin Gemeente
POPIA Wetgewing
Constantiakruin Gemeente het dit nog altyd prioriteit gemaak om jou inligting veilig te hou en slegs vir die gemeente se aktiwiteite te gebruik.
Met die POPIA wetgewing wat in werking getree het, is ons nou nog meer attent om jou inligting veilig te stoor, en seker te maak dat ons in lyn is met die wetgewing.
Persoonlike inligting is enige inligting wat ‘n maatskappy of persoon kan gebruik om jou persoonlik te kan identifiseer, byvoorbeeld jou Identiteitsnommer, epos adres, kontak besonderhede ensovoorts.
Graag wil ons jou ‘n keuse bied. Indien jy nie meer op Constantiakruin Gemeente se databasis wil wees, of kommunikasie op van die volgende maniere wil ontvang nie, stuur asb. ‘n epos na info@constantiakruin.co.za teen 27 Augustus 2021. Die kerkkantoor sal met jou kontak maak en die nodige aanpassings aanbring.
Ons kommunikeer op die volgende maniere met ons lidmate:
• Telefonies (oproepe)
• Eposse (Familienuus, Gemeentebriewe)
• Whatsapps (Gemeentenuus & Eredienste)
• Whatsapp groepe (bv Kleuter 2012, Promiseland 2007)
• Facebook
• Instagram (InSync)
• Tuisblad (Bv Fotos van gemeentelde oplaai)
Indien jy addisioneel tot die huidige kommunikasie, ook deur van bogenoemde platvorms gebruik wil maak, kontak asseblief die kerkkantoor op 011 475 1440
076 791 2312 of info@constantiakruin.co.za
Vriendelike groete
Barend Buys | Bedryfshoof
Die volgende skakel kan ook gevolg word vir meer inligting https://www.gov.za/documents/protection-personal-information-act
VERSOEK OM REGSTELLING OF SKRAPPING VAN PERSOONLIKE INLIGTING OF VERNIETIGING OF SKRAPPING VAN REKORD VAN PERSOONLIKE INLIGTING