Constantiakruin Gemeente

Kinders en jeug

Welkom, welkom, welkom. In Constantiakruin is kinders en jongmense VIP’s. Niemand sal dit erken nie, maar alles gaan eintlik net oor hulle. Die Bedieningspan en Gemeenteraad gee oorgenoeg tyd en moolah sodat hierdie bediening met groot lekkerte kan plaasvind. Lees verder om te sien hoe elke groep liefdevol en uniek ingelei word in hulle verhouding met God.

Belydenis

Ons werk heel eerste vanuit ons belydende oortuiging. Hier bely ons dat God die inisiatief neem en met ons in verhouding tree. Jesus is Heer en Jesus is hier, daarom is ons verlos, word ons opgeroep om dissipels te word en kry ons die verantwoordelikheid om lig vir die wêreld te wees. Deur die Heilige Gees wat ons begelei en versterk oefen ons saam om al meer die Jesus lewe te leef.

Ons Oefenprogram

Ons kategese is ons gym, waar ons saam leer en oefen om die Jesus lewe te leef. Hier is ‘n span van 43 personeel wat, van ons babas tot ons studente, met toewyding en liefde dien. Hulle skep die veilige verhoudings waar elke kind, tiener en student kan vrae vra, foute maak en weer heel word.

Verskillende oefeninge word gebruik om op die volgende temas te fokus:

Hier leer ek dat alles wat ek is en het van God kom en hoe om met myself daaroor eerlik te wees.

Hier leer ek hoe God my gebruik en waar Hy my wil gebruik. Goeie geloofsgewoontes help my om op hierdie reis vol te hou.

Ek Wandel in die Woord en maak die Evangelie die manier waarop ek die lewe verstaan.

Ek hou saam met ander gelowiges kerk, leer hoekom en hoe ons dinge doen en fokus op die Jesus Christus as my Koning, my Leier en my Beskermer.

God wys my waar Hy aan die werk is en hoe ek saam met Hom daar kan werk. So bou ek brûe tussen die Koninkryk en die wêreld wat God nog nie ken nie.

Ek oefen om God se skepping te versorg en beskerm en ander mense saam te nooi om Jesus te aanbid.

Hierdie is die fokus van die totale gemeente, daarom is ouers en kinders besig met dieselfde oefening en voorbereiding. Ons hou daarvan dat almal op dieselfde bladsy is en gesinne saam kan groei.

Oefen aktiwiteite

Ons maak van verskillende aktiwiteite gebruik om hierdie oefeninge deel van ons daaglikse lewe te maak. Aktiwiteite waarna julle kan uitsien is:

  Kinder-, tiener- en gesinseredienste
  Lofprysing
  Kampe
  Kreatiewe aktiwiteite
  Groeigroepe
  Vakansieprogramme
  Pretaande
  Gesinsaktiwiteite
  Kermisaktiwiteite net vir die jongspan
  Deurgange – Viering van spesiale prestasies

Samekomste

Klier hier om die samekomstye van die verskillende geleenthede te sien.

Indeling

Promiseland is die bediening verantwoordelik vir ons babas tot Gr 6 leerlinge. Onder Promiseland deel ons die volgende groepe in:

Hier verwelkom ons babas van 6 maande tot 3 jaar saam met pa, ma, ouma, oupa, oom of tannie. Hier begin ons saam oefen aan huisgodsdiens en daarom word die babas altyd vergesel deur ten minste een volwassene. ‘n Verhouding met God word aan die hand van die babas se ontwikkelingsfase aangebied, so leer ouers hoe om God deel te maak van elke oomblik deur die dag.

Hier verwelkom ons die maats wat nie meer van doeke gebruik maak nie en wat graag baie meer wil wikkel en beweeg. Kinders van 3 jaar tot Gr RR kom hier tuis. Die kinders se ontwikkelingsfase is weereens die medium waardeer oefening plaasvind. Alles wat God geskep het word aan gevoel, geproe en gespeel. Elke week is daar ‘n aktiwiteit wat saam huis toe gaan sodat die geloofsvorming verder tuis kan plaasvind.

Hier verwelkom ons, ons Gr R tot Gr 6 kinders. Hulle versamel in die Kinderkapel en begin om geloofsgewoontes in te oefen. Wandel in die Woord is ‘n belangrike deel en hulle raak handig met die Bybel en lief vir die Woord. Die Bybelverhale vorms die riglyn vir hierdie fase met goeie toepassing in die daaglikse lewe. Elke Sondag ontvang die kinders ‘n uitdeelstuk sodat geloofsvorming tuis kan voortgaan.

InSync

InSync is die bediening verantwoordelik vir ons hoërskool en studente jeug. Onder InSync deel ons die groepe soos volg in:

Hierdie tydperk word gesien as ‘n belangrike oorgansjaar in die lewe van ons tieners, daarom maak ons hulle reeds deel van die hoërskool groep. Hulle is immers nou die ‘groot kinders’ by die skool. Hierdie groep word spesifiek met ‘n Christelike leierskapskursus bedien, sodat hulle in hoërskool gesonde en ongesonde invloed kan onderskei en reg kies. Verder word hulle deel van ‘n Wandel in die Woord leesprogram wat hulle hele hoërskool oefenfase sal duur.

Wandel in die Woord is sentraal. Die Woord word gebruik om die relevante temas in die lewe van ons tieners toe te lig. Hulle word begelei om nie na die wêreld nie, maar na God te draai vir wysheid en insig. Ons almal weet dit is nie maklik om groot te word nie.

Hierdie groep tieners word spesifiek bedien met geleenthede waar hulle kans kry om hulle opinie en eie verstaan van hulle geloof te verwoord. Ons fokus op die belydenis en begelei hulle daarom om reeds die belydenis van Verlossing, Woord getrouheid, Kerklike ondersteuning en Gemeentelike betrokkenheid deur die jaar uit te leef. ‘n Wonderlike geleentheid is die belydenisaflegging wanneer die tieners bevestig wat hulle reeds die jaar uitgeleef het.

Hier word ons matrikulante en studente bedien. Klaar met formele voorbereiding wys die jongmense hier eienaarskap oor hulle eie geloofsgroei. Hierdie groep kom weekliks bymekaar, word verder toegerus en oefen saam in die lewe van dissipelskap.

Kontak gerus enige van die volgende persone vir meer inligting:

Robyn Hall

InSync Musiekkoördineerder

Kaysha Barnes

InSync, Studentiteit
Volg ons
Kaart
Kontak ons
   Liebenbergweg 17,
      Constantia Kloof
    
   info@constantiakruin.co.za
    
   (011) 475 1440
    
   067 407 1059
    
Stuur 'n boodskap

Snap scan en Bank
snapscan

Bank Besonderhede:
ABSA Tjek reknr: 106 3330 384
Tak: Florida / 632 005
Swift Kode: ABSAZAJJ

KONTAK / EREDIENSTE

Kontak inligting:

Tel: (011) 475 1440
Epos: info@constantiakruin.co.za
Adres: Liebenbergweg 15, Constantia Kloof

Eredienste

Sondae gedurende skoolkwartale
08:15 – Eerste erediens
10:00 – Tweede erediens
10:00 – Andrew Murray service
17:00 – InSync erediens
17:00 – Dieperdelf
Gedurende skoolvakansies en langnaweke is daar geen Kapeldiens, InSync en Kategese nie, maar die oggend eredienste bly dieselfde.

Waar is ons?

GEBEURE / KALENDER
[trx_sc_events type="detailed" past="" cat="48" orderby="post_date" slider="" title_style="default" count="6" columns="1" css=".vc_custom_1596550758633{background-color: rgba(0,0,0,0.01) !important;*background-color: rgb(0,0,0) !important;}"]